Thursday, June 14, 2012

Edward Hirsch - Die saak teen poësie

Edward Hirsch


Die saak teen poësie
Edward Hirsch

Terwyl jy jou saak gestel het teen poësie –
Plato se kritiek van die irrasionele,
Homeriese spekskiet, misleide burgerlikes –
voor ’n groep digters in Praag

het nag verdiep in die ou vensters,
swaeltjies versamel op die smal lys
en geroep na die verdwynende nag,
en ’n bedelaar het in die straat begin sing.

[Vertaal deur Johann de Lange]