Friday, November 16, 2012

Christine D'haen - Daimoon megas

Christine D'haen



Daimoon megas
Christine D'haen

"And what is [love], Diotima?"
"A great spirit, Socrates: for the whole of the spiritual is between divine and mortal."
Plato, Symposium 202d-e

My demoon het in die nag my bloed bedroef:

die kop in jou arms, die kop van ’n man,
dit is niks. En jou dae en nagte is niks
anders as ’n skadu van skadu’s; als wat jy doen,

dit is niks: en die vlees wat jy eet, en die bloed
wat jy drink, dit is niks. Verfoei ook is die siel!
Want die siel wat jy eet, die visioen wat jy drink,
dit is niks. En so is als wat jy soek, wat jy doen,

dit is niks. Dit is minder as die as en die skuim.
En die mond op jou hart, dit is niks. Soos die sand
aan die see is jy alles, en minder as die as
van die vuur, en jou drome is minder as puin.

Want als wat jy drink en verteer, alles voed
slegs my, en die mag is myne, jy egter,
jy is niks anders as ’n skadu, en ek is die lewe
in stryd met die dood en sterf al lewende.

Alleen ek verswyg jou. – My demoon in die nag
bedroef my bitterlik. – En die kop in my arms,
die kop van ’n man, dit is niks. Dit is niks
anders as ’n aangesig, sluimerend, vol koelte en sag.

[Vertaal deur Johann de Lange]